Mnr & Mej Linden 2017-07-31T14:26:53+00:00

Mnr & Mej Linden

Mnr en Mej Linden is ‘n spogfunksie wat jaarliks in Augustus aangebied word. Leerders word deur hulle klasmaats genomineer en gekies as finaliste.  ‘n Befaamde gaskunstenaar en beoordelaars word genooi om glans aan die aand te verleen. Die finaliste neem ondermeer deel aan ‘n energieke groepsdans wat volgens die tema gechoreografeer word.  Daarbenewens moet elke paartjie hul eie dans uitvoer asook die loopplank in formele aanddrag trotseer. Die gekose Mnr. En Mej. Linden dien dan vir ‘n jaar as die ‘gesig’ van Linden en woon byeenkomste in hierdie hoedanigheid by.