Wildsfees

In Augustus trek ons saam op die rugbyveld vir die Grootste Lindenkuier van die jaar. Die sportvelde transformeer in ‘n feesterrein van gesellige kuierareas, kosstalletjies en topklas vermaak. Die Wildsfees is nie net die grootste kuiergeleentheid op die skool se sosiale kalender nie, maar ook die geleentheid om die gemeenskap saam te bring, die skool te bemark en fondse ten bate van die skool te genereer. Die Wildsfees bied ‘n ideale geleentheid aan oud-Lindeniete om re-unies te hou en ou vriendskapsbande op te tel.