Produksie

Oor die jare heen bied Hoërskool Linden aan sy leerders die geleentheid om, afgesien van Tientertoneel, ook deel uit te maak van ‘n vollengte produksie.  Op die verhoog van Linden het verskeie top gehalte produksies die lig gesien wat gehore op die punte van hul stoele gebring het. Produksies soos Agatha Christie se ‘And then there were none’ (2012), Peter Shaffer se ‘Amadeus’ (2007), N.P van Wyk Louw se ‘Raka’ (2009) is onder meer produksies wat op die planke gebring is.  Verder, beskik Linden ook oor sy eie dramaturge wat produksies vanuit hul eie penne na die verhoog gebring het onder meer dr. Nico van Niekerk se veelbesproke ‘Vrygeborenes’ (2019) en mnr. D. Jordaan se ‘The Production’ (2013) – ‘n vollengte musiekblyspel. Dié aktiwiteit is onomwonde geskoei op die beginsel van kwaliteit bo kwantiteit.

Organiseerder

Da Nielle Jordaan
danielle.jordaan@linden.co.za


Afrigter

Da Nielle Jordaan


Oefentye

Volgens die diskresie van die afrigter


Voorgeskrewe kleredrag

Skooldrag