Lindenkoor

Die Lindenkoor bestaan reeds vir jare onder die leierskap van Duncan Fourie en Gert Potgieter. Die koor spog met vele cd’s op hulle kerfstok. Die Lindenkoor het reeds verskeie nasionale en internasionale toekennings by koorfeeste en -kompetisies verwerf. Die Lindenkoor is ‘n hardwerkende groep leerders wat lief is vir musiek en graag ander mense met hulle Godgegewe talente wil bedien.

Duncan Fourie
Gert Potgieter

Dinsdae van 19:00 tot 21:00
Donderdae van 19:00 tot 21:00
Die dag voor die skool begin na ‘n skoolvakansie van 15:00 tot 21:00
Sommige vakansiedae

Deelname aan die Lindenkoor vind regdeur die jaar plaas.
Hoërskool Linden neem deel aan die volgende kompetisies en optredes:

  • NEA
  • Sing in Harmonie
  • Koorfeeste
  • Optredes by Kerke
  • Atrium Adagio

Naweekkampe in Februarie en Oktober
Toer in Junie/Julie vir twee weke tydens die skoolvakansie

Seuns

Wit koorhemp met swart omboorsel om die kraag en moue
Swart koorlangbroek
Swart skoene en kouse

Dogters

Wit koorbloes
Swart koorromp
Swart koorskoene en sykouse