Film Akademie (DIFA)

Hoërskool Linden bied vir leerders die geleentheid om te leer hoe om films te maak deur Davinci International Film Academy (DIFA).  DIFA is ‘n eksterne film akademie wat deur filmmaker Morné Lane gestig is.  Die leerders leer verskeie vaardighede aan soos: hoe om ‘n kortfilm te skryf, hoe om ‘n regisseur of vervaardiger te wees, kamerawerk, grimering, stelontwerp, beligting, klank, redigering en toneelspel.  Elke jaar maak die leerders professionele kortfilms van 15 minute.

Organiseerder

Nina Janse van Rensburg
nina.jansevanrensburg@linden.co.za


Afrigter

Nina Janse van Rensburg


Oefentye

Woensdae: 18:00-19:00
Ekstra tye volgens diskresie van die afrigter


Kompetisies

DIFA hou aan die einde van die jaar ‘n Gala-byeenkoms en al die skole wat deel is van DIFA se kortfilms word by die geleentheid gewys. Pryse word toegeken vir verskeie katogorieë en die beste kortfilm van die jaar word by die byeenkoms aangewys


Voorgeskrewe kleredrag

Soos deur die afrigter gespesifiseer.