Robotika

Robotika is ‘n aktiwiteit wat wetenskap, tegnologie, wiskunde en ingenieurswese integreer. Dit bring jong mense oor die hele wêreld saam en verskaf baie pret aan ons leerders terwyl hulle leer om kreatief te dink en probleme op te los.
Die Linden Robotech-klub bestaan sedert 2015. Die lede neem aan talle kompetisies deel en maak groot naam daar buite!
In die klub se eerste bestaansjaar het Hoërskool Linden twee spanne gehad wat op provinsiale vlak baie goed presteer het. Een van hierdie spanne het ook deurgedring na die nasionale ronde.
In 2017 presteer ons junior- en senior klublede weer op die provinsale ronde van die First Lego League-kompetisie en een span dring deur na die nasionale ronde. In dieselfde jaar het ons seniorlede ook landswyd opslae gemaak in die World Robot Olympiad en amper as nasionale wenners uit die stryd getree.
In 2019 behaal ons span, die BroBots, ‘n derde plek by die Gauteng-ronde in die Junior Regular Category.  Die BroBots neem ook deel aan die Suid-Afrikaanse nasionale ronde van die World Robot Olympiad.
Linden Robotech word elke jaar net groter en lekkerder en ons durf elke kompetisie met regte Linden-ywer aan.

Hiér kweek ons die Elon Musks van die toekoms!

Charlotte Fourie

Maandae van 14:15 tot 15:30
Dinsdae van 14:15 tot 15:30

First Lego League (FLL)
World Robot Olympiad (WRO)