Coding Club

Hoërskool Linden se Coding Club is in 2020 gestig.  Die Coding Club is Hoërskool Linden se nuutste inisiatief om ons leerders ‘n geleentheid te gee om voorbereid te wees vir die werkplek van die toekoms. Die werkswinkels word gratis aangebied en enige iemand is welkom.

Die doel van die klub is om aan sy lede verskeie programmeringsvaardighede buite skoolure aan te leer.  Kundiges vanuit die IT-industrie word gebruik om die Lindeniete (en selfs ouers) te leer hoe om Toepassings (“Apps”) te skryf, webblaaie te skep en speletjies te ontwikkel.

Lede wat nie die sessies persoonlik kan bywoon nie, is ook welkom om met Microsoft Teams in te skakel en ‘n lewendige uitsending daarvan te sien.   Die meeste van die sessies word opgeneem en op Microsoft Stream gestoor sodat enigeen later weer daarna kan kyk.

Linden, ‘n trotse Microsoft Vennootskool, is ‘n voorloper in rekenaaronderrig. Alle leerders het rekeninge om Office365 gratis te gebruik en toepassings soos Teams en Forms word amper daagliks in klasse en buitemuurse aktiwiteite gebruik.

Hoërskool Linden rus leerders op verskeie wyses toe vir die Vierde Industriële Rewolusie wat aan ons deure klop.

Charlotte Fourie
Kundiges in die IT-industrie

Sessies vind meesal buite skoolure en op naweke plaas.