Ukunaka 2018-03-08T11:08:17+00:00
  • algemeen-ukunake-hoerskool-linden

Ukunaka

Ukunaka is Hoërskool Linden se eie welsynsgroep wat beteken “om om te gee”.

Ukunaka streef daarna om behoeftige leerders van ons skool finansieel en emosioneel by te staan.

Ukunaka is betrokke by die volgende projekte:

  • Verkoop van Linden-kombersies.
  • Verskeie fondsinsamelingsprojekte deur die jaar om die Ukunaka-fonds aan te vul.
  • ‘n Wintersprojek waartydens nie-bederfbare items vir behoeftige gesinne vir die wintervakansie ingesamel word.
  • ‘n Kersprojek waartydens geskenke, kos en lekkernye vir behoeftige gesinne vir Kersfees ingesamel word.
  • Uitreikaksies in die gemeenskap na ouetehuise, kinderhuise, hospitale en ander.

Maniere waarop u betrokke kan raak:

  • Koop ‘n Linden-kombersie
  • Finansiële bydraes
  • Pick ‘n Pay geskenkbewyse
  • Neem verantwoordelikheid vir ‘n spesifieke behoeftige leerder se uitgawes met betrekking tot skooluitstappies, kampgelde, sportbenodighede en so meer.

Indien u betrokke wil raak, stuur asseblief ‘n epos na:  ukunaka@linden.co.za.