Microsoft vennootskapskool 2018-02-24T09:07:39+00:00

Microsoft vennootskapskool

In 2016 raak Hoërskool Linden deel van die digitale gemeenskap in onderwys.  Ons is die eerste openbare skool in Suid-Afrika wat ‘n Microsoft-vennootskapskool geword het.  Dit beteken dat die meeste aspekte van die skool gedigitaliseer word en opleiding in Inligtingstegnologie aan die onderwysers en leerders verskaf word. Tegnologie word gebruik om ‘n interaktiewe leerervaring in die klaskamers te skep.

Graad 8 en 9 leerders ontvang volledige opleiding in Inligtingstegnologie. Vaardighede soos tik, gebruik van Microsoft sagteware, internetvaardighede en basiese programmering word aangeleer.

Die Microsoft 365 Vennootskap behels die volgende:

  • Leerders ontvang hul eie gebruikersnaam en wagwoord om toegang tot die skool se internet te kry.
  • Leerders ontvang elk 100 Meg gratis data per dag en word beskerm deur top-of-the-line.
  • Leerders ontvang gratis opleiding in die gebruik van Microsoft Office 365.
  • Leerders kan die Microsoft sagteware op hulle tablette, selfone, skootrekenaars en rekenaars by die huis aflaai.
  • Huiswerk is op OneDrive, ‘n aanlyn stoorstelsel, beskikbaar.
  • Onderwysers gebruik aanlyntegnologie in die klaskamers.