Matriekuitslae 2018-02-21T12:24:32+00:00

Matriekuitslae 2017

Hoërskool Linden is geweldig trots op leerders en leerkragte wat jaarliks hoë standaarde stel en handhaaf.

Op grond van die matriekuitslae van 2017 behaal Hoërskool Linden die volgende uitsonderlike prestasies op distriks- en nasionale gebied:

  • Spesiale toekenning van die GDO vir 100% slaagsyfer vir 26ste jaar agtereenvolgens.
  • Spesiale toekenning van die GDO vir een van die top tien skole in die distrik.
  • Ivan Culyer word aangewys as die beste student in die distrik vir die vak English First Additional Language.
  • Elsje Rabie word aangewys as die beste student in die distrik vir die vak Lewenswetenskappe
  • Hoërskool Linden se Afrikaanse Departement behaal ‘n 15de plek landswyd en ‘n vierde plek in Gauteng as een van die top skole met die hoogste persentasie onderskeidings in Afrikaans Huistaal.
  • Hoërskool Linden word deur Solidariteit Helpende Hand aangewys as ‘n nasionale Top 20-skool.  Ons behaal ‘n 15de plek landswyd en ‘n vierde plek in Gauteng in terme van onderskeidings per kandidaat.