Handboeke 2018-02-24T09:02:26+00:00
  • akademie-handboeke-hoerskool-linden

Handboeke

By Hoërskool Linden het ons leerders ‘n keuse tussen e-handboeke en/of hardeband boeke.

ʼn Paar belangrike punte om van kennis te neem:

  • e-Handboeke word vir alle grade beskikbaar gestel via die skool se bediener in epub-formaat.
  • Enige e-boeke van Amazon Kindle, Kalahari, ensovoorts word nie deur die skool geadministreer nie en het nie noodwendig dieselfde funksionaliteit nie.
  • Sekere vakke, in sekere grade, sal nie e-handboeke gebruik nie.
  • Werkboeke sal oor die algemeen in gewone papierformaat beskikbaar wees, aangesien daarin geskryf sal word.
  • Sekere gewone handboeke word deur die skool kosteloos verskaf uit bestaande voorraad en word as verskaf op die boekelyste aangedui.
  • Boekelyste word in die 4e kwartaal aan die leerders beskikbaar gestel.
  • Boekelyste is ook beskikbaar op die webblad onder “dokumente”.
  • Dit is uiters belangrik om by die reëls en sperdatum van boekbestellings te hou.
  • Na die sperdatum sal dit te laat wees vir die boekwinkel om handboeke betyds te verskaf en is die aanskaf van handboeke die leerder se eie verantwoordelikheid.

Laai die inligtingsbrief vir die bestelling van handboeke vir 2018 hier af