Hoërskool Linden sportveld

Sportprestasies 2012

Sporttoekennings 2012 (gr. 8 tot 11)

By die Hoërskool Linden se toekenningsaand (gr. 8 tot 11) op Donderdagaand, 25 Oktober 2012, is die volgende sportseuns en -dogters met spesiale toekennings vereer:
Kliek hier vir die foto's van die toekenningsaand.

Provinsiale Sportprestasies 2012

Verskeie spelers van Hoërskool Linden het die afgelope kwartaal vir hulle plekke in provinsiale spanne oopgespeel. Hulle afrigters tree as spanbestuurders en afrigters van die provinsiale spanne op. Hulle is almal onderwysers by Linden.

Sportpresteerders 2012

V.l.n.r agter: Mnr. Francois Vosloo (afrigter: Goue Leeus-o.16A-rugby), mnr. Gert van den Berg: (afrigter: Goue Leeus-o.16B-rugby), mnr. Jaco Booysen (spanbestuurder: Goue Leeus-o.16B-rugby), me. Marietjie Annandale (spanbestuurder: Suid-Gauteng-o.18-hokkie)
Middel: Danielle de Wet (Suid-Gauteng-o.18B-hokkie), Marissa Scheepers (Gauteng-o.17A-netbal), Brendon Schutte (Goue Leeus-o.16B-rugby), Ziyaad Mohamed (Goue Leeus-o.16B-rugby), Chantell Crow (Suid-Gauteng-o.16B-hokkie
Voor: Juan-Louis van Antwerpen (Suid-Gauteng-o14-hokkie).