Seuns Hokkie

Seunshokkie

Afrigters, seuns en dogters wat deel uitmaak van die hokkie by Hoërskool Linden, kan getuig van die harde werk gedurende die hokkieseisoen.

Aangesien daar geen liga vir seunshokkie bestaan nie, het alle belangstellende skole saamgestaan en wedstryde vir die seuns geskep. Linden se seuns speel onder meer teen skole soos Roodepoort, Bryanston, Monument, Randburg, Trinity, Helpmekaar, Florida en King David.

Die eerste span gaan ook elke jaar op 'n hokkietoer waar hulle hul vaardighede verbeter en baie leer by professionele hokkiespelers.

Die seuns neem ook elke jaar aan die D10-proewe deel.

Linden neem gedurende Mei-maand aan die Aitken- & Boden-toernooi deel.

 

Hokkieseuns toer na Kearsney College

Vyftien hokkieseuns het die voorreg gehad om van 30 Maart tot 2 April 'n voorseisoenhokkietoernooi by Kearsney College aan die rand van die Vallei van 'n Duisend Heuwels in Kwazulu-Natal by te woon.

Alan Paton, 'n voormalige Springbok-hokkiespeler, bied elke jaar hierdie toernooi aan om vaardighede te ontwikkel. Tegniese ontleding van die spel word in 'n oudiovisuele sentrum aangebied. Seuns bring ook tyd in die gimnasium deur. In die middae en saans speel die spelers wedstryde waar hulle die nuwe tegnieke toepas. Die Kearsney College-toernooi bied dus meer 'n kliniekbenadering en die wenmotief is nie primêr nie.

Die toergroep het bestaan uit:
Dr. Nico van Niekerk (span- en busbestuurder)
Estian Taljaard (spankaptein)
Foord Ceronio (doelwagter)
Brandon Bekker
Niel Conradie
Charl de Wit
Corné Grundling
Nicholas Hattingh (reserwedoelwagter)
Julius Landman
MJ Loubser
Michel Marais
Rian Myburgh
Jacques Pansegrouw
Christian Strydom
Wihan Taljaard

Na afloop van die toernooi kon die manne by Amanzimtoti gaan uitspan.