Gholf
Gholfdag 'n groot sukses
Hoërskool Linden se gholfdag op 21 Augustus 2012 by die Randpark-gholfbaan was 'n reuse-sukses.
'n Dag soos hierdie is nie moontlik sonder die lojale ondersteuning van borge, deelnemers en vriende van Linden nie.
Linden se eie gholfers, Wian de Wet, Louis Brits en Christiaan Massyn, het saam met mnr. Nic Wessels teen die ander manne meegeding en elfde geëindig. Hulle was pragtig geklee in hul UJ-hempies. UJ het die span geborg.
Na 'n lang dag van opwindende gholf het die manne 'n heerlike driegangmaaltyd geniet waartydens die prysuitdeling deur Semonne du Toit, SA gewigstoter van UJ, behartig is.
'n Dag soos hierdie sorg vir gesonde kompetisie, lekker pret en lekker saam kuier ...
→ Foto's
Linden speel ook gholf
Hoërskool Linden neem aan twee verskillende gholfligas deelgeneem. Soos vorige jare het die skool aan die Wesrand-gholfliga deelgeneem, waar gholfspelers vir die Wesrandse-gholfspan gekies kon word. Linden se gholfspan het ook aan die privaatskole-liga wat tydens die eerste kwartaal plaasvind, deelgeneem.
Tydens die Julievakansie het nege seuns en twee onderwysers ‘n baie geslaagde gholftoer na Margate onderneem. Wian de Wet het gholf van uitstaande gehalte gelewer en is dan ook as die speler van die toernooi aangewys.

