Atletiek

Atletiek 2013

Lindeniet neem aan SA's deel

Jacob-Bekker

Jacob Bekker (gr. 10) van die Hoërskool Linden is 'n lid van die Sentraal-Gauteng-span wat van 4 tot 6 April in Pretoria aan die SA Atletiekbyeenkoms in die o.16-werpskyf-nommer deelneem.

Drie Linden-atlete na SA Skolekampioenskap

Danielle de Wet, Dené Vorster en Myshke Roos is vir die Gauteng-atletiekspan gekies wat van 21 tot 23 Maart aan die SA Skolekampieonskap in Oos-Londen deelneem.

Dené en Myshke neem onderskeidelik aan die o.19- en o.15-verspring deel en Danielle aan die o.19-spiesgooi. Me. Emmarié Fouché, Linden-onderwyser, is hul afrigter en bestuurder.

Danielle de Wet, Dene Vorster, Emmarie Fouche en Myshke Roos

Gauteng-atletiekkampioenskappe 2 Maart en 3 Maart 2013

Hoërskool Linden se atlete het puik by die Gauteng-atletiekkampioenskappe op 2 en 3 Maart presteer. Almal het min of meer hulle persoonlike bestes in die onderskeie items behaal.
Die volgende atlete het in besonder puik presteer en is vir die Gauteng-span gekies: Hulle verteenwoordig dus hulle provinsie op 20-24 Maart 2013 in Oos-Londen by die SA Skolekampioenskap.

1ste plek: Danielle de Wet: Spiesgooi dogters o.19 (41 meter)
2de plek: Myshke Roos: Verspring dogters o.15 (5,07 meter)
3de plek: Denè Vorster: Verspring dogters o.19 (5,24 meter)
Ander uitstekende prestasies:
4de plek: Letho Dhlamini: Gewigstoot seuns o.15
4de plek: Jakob Bekker: Diskusgooi seuns o.17
8ste plek: Anushka Myburgh: Driesprong dogters o.17

Ivy Smuts het ook deurgebring na die semifinaal in die 200 meter dogters o.17.

 

Vuurwarm inter lewer goeie uitslae

Na 'n baie suksesvolle atletiekseisoen sluit Hoërskool Linden met 'n hoogtepunt op Dinsdag, 26 Februarie, by die NWU-PUK-interhoër op 'n vuurwarm Orkney af.

Die interhoër-atletiekspan wen 8 goue medaljes, 12 silwer en 17 brons. Algeheel eindig Linden sesde onder die Groep 3-skole met 564 punte.

Eerste plekke:
Myshke Roos: verspring o.15
Nicola Toerien: hoogspring o.16
Juanita Boshoff: diskus o.16
Dené Vorster: 100 m hekkies o.19
Dujuan Coetzee: 100 m o.14
Letho Dhlamini: gewigstoot o.15
Jakob Bekker: diskus o.16
Wesley Myburgh: verspring o.19

Prestige-atletiek uit die boonste rakke

Foto's

Oor baie jare is Hoërskool Linden bekend vir die reël van Prestige-atletiekbyeenkomste wat seepglad verloop. Vrydag, 1 Februarie vanjaar, by die UJ-stadion, was geen uitsondering nie.

Die deelnemende skole het met topatlete gekom: Overvaal, Vereeniging Gimnasium, Marais Viljoen, Jeugland, Florida, Bastion en Klerksdorp. Die Linden-atlete het aan hul skool 'n vierde plek in hierdie taai kompetisie besorg. Hulle het 14 eerste plekke, 17 tweede plekke en 15 derde plekke behaal.

Baie rekords wat jare lank bestaan het, het een na die ander in die slag gebly. Jakob Bekker van Linden het 'n uitstekende rekord opgestel toe hy die diskus 50.58 meter ver gegooi het, wat hom 1007 punte op die ABSA-tabel besorg het. Nog 'n Lindeniet, Letho Dlamini, se gewigstootrekord van 15.38 was 912 punte op die ABSA-tabel. Anushka Myburg, se nuwe rekord was 10.24 in die driesprong; Kyle Lues s'n 13.02. Dené Vorster se verspringrekord staan op 5.24 meter.

Die Linden-toeskouers op die pawiljoen het ook hul kant gebring. Die dirigente in hulle matroosuitrustings en die dansmeisies het hul deel tot 'n lekker gees bygedra.

Die weer het goed saamgespeel. Dit was 'n pragtige aand, waarop elke atleet sy beste kon gee.

Linden het hope gees by die interhuisfees!

Foto's

Op 14 Januarie 2013 was die geel kamele, groen mambas en wit haaie gereed vir 'n uitdaging! Die uitdaging: Om geskiedenis op die atletiekveld en tradisie op die pawiljoen te herskryf.

Die drie spanne het tot op die einde toe op die atletiekbaan en op die pawiljoen volhard. Elke span was 'gedress' vir sukses en die atlete was reg om hulle deel op die baan en veld te doen en sommer ook 'n paar rekords te laat spat.

Aan die einde van die interhuis was die hoogtepunt die wisselaflos! Die drie spanne het hulle blitse uitgekies om aan die 100m-, 200m-, 300m-, 400m-aflos deel te neem.. Elke span het vooraf geld ingesamel vir die liefdadigheidsorganisasie van hul keuse. Die span wat koning sou kraai, sou die geld vir hulle organisasie skenk. Die onderwysers het natuurlik ook hulle blitse ingeskryf, maar kon ongelukkig nie teen die wit haaie wat as die kampioene uit die stryd getree het, meeding nie.

Daar wag groot dinge vir Linden-atletiek. Wag maar en kyk!!!

Prestasies:

  • Beste junior veldatleet: Zané Becker
    Verspring 5.17 m (805 punte)
  • Beste junior baanatleet: Myshke Roos
    100 m 13.48 s (712 punte)
  • Beste senior veldatleet: Juanita Boshoff
    Diskusgooi 32.88 m (838 punte)
  • Beste senior baanatleet: Andy Venter
    100 m 11.25 s (765 punte)
  • Junior victor ludorum; Dwayne Vorster
  • Junior victrix ludorum: Zané Becker
  • Senior victor ludorum: Wesley Myburgh
  • Senior victrix ludorum; Juanita Boshoff
  • Algehele wenners: Wit haaie
Andy Venter (beste senior baanatleet, Juanita Boshoff (beste senior veldatleet), Myshke Roos (beste junior baanatleet en Zané Becker (beste junior veldatleet)

Andy Venter (beste senior baanatleet, Juanita Boshoff (beste senior veldatleet), Myshke Roos (beste junior baanatleet en Zané Becker (beste junior veldatleet).

Juanita Boshoff (senior victrix ludorum), Wesley Myburgh (senior victor ludorum), Zané Becker (junior victrix ludorum) en Dwayne Vorster (junior victor ludorum)

Juanita Boshoff (senior victrix ludorum), Wesley Myburgh (senior victor ludorum), Zané Becker (junior victrix ludorum) en Dwayne Vorster (junior victor ludorum)