Robotika

akademie-robotika-hoerskool-lindenRobotika is ‘n aktiwiteit wat wetenskap, tegnologie, wiskunde en ingenieurswese integreer. Dit bring jong mense oor die hele wêreld saam en verskaf baie pret aan ons leerders terwyl hulle leer om kreatief te dink en probleme op te los.

Die Linden Robotech-klub bestaan sedert 2015. In die klub se eerste bestaansjaar het Hoërskool Linden twee spanne gehad wat op provinsiale vlak baie goed presteer het. Een van hierdie spanne het ook deurgedring na die nasionale ronde.

Sedertien neem klublede aan talle kompetisies deel en maak groot naam daar buite!

In 2017 presteer ons junior- en senior klublede weer op die provinsale ronde van die FIRST Lego League-kompetisie en een span dring deur na die nasionale ronde. In dieselfde jaar het ons seniorlede ook landswyd opslae gemaak in die World Robot Olympiad en amper as nasionale wenners uit die stryd getree.

Die klub word elke jaar net groter en lekkerder en ons gaan vanjaar elke kompetisie met regte Linden-ywer aandurf.

Hiér kweek ons die Elon Musks van die toekoms!

Organiseerder

Charlotte Fourie
charlotte.fourie@linden.co.za
Paul Coetzer (ekstern)


Afrigter

Charlotte Fourie
Paul Coetzer


Oefentye

Vrydae van 14:00 tot 16:00


Kompetisies

Robotika vind reg deur die jaar plaas
Graad 8 tot 10 leerders neem deel aan die First Lego League (FLL)
Graad 11 tot 12 leerders neem deel aan die World Robot Olympiad™ (WRO)


Voorgeskrewe kleredrag

Die spanne se kleredrag word jaarliks deur die afrigters bepaal