Opedag

Die Opedag is ‘n vertoonvenster van Hoërskool Linden se akademiese, sport, kulturele en sosiale aktiwiteite aan voornemende leerders en hul ouers.  Die Opedag vind gewoonlik in Maart plaas.  Op hierdie dag maak Hoërskool Linden sy deure oop om aan toekomstige Lindeniete te wys dat ons méér as net gehalte onderrig bied.  Ons doel is om geleenthede vir jongmense te skep waar hulle kan groei, hulself na hartelus kan uitleef en uiteindelik tot volwaardige volwassenes kan ontwikkel.

hoerskool-linden-opedag2020