Boodskap van die waarnemende hoof
Na 'n uiters suksesvolle 2012 betree Hoërskool Linden 2013 met
groot verwagtinge. Baie sterkte vir die nuwe jaar!
Ek doen 'n beroep op elke Linden-leerder en hul ouers om ons hande sterk
te maak en betrokke te raak by alle aktiwiteite van Hoërskool Linden
en sodoende ons wenresep in 2013 voort te sit. Dit is belangrik om op alle terreine
(akademies, sport, kultuur, leierskap en sosiaal) julle gewig in te gooi. Sodoende
kan ons gesamentlik Linden se doelwitte ten opsigte van interafhanklikheid,
samewerking, aanspreeklikheid, toewyding en volharding verwesenlik.
Vir my is die belangrikste dat elke Lindeniet gelukkig in die skool moet wees.
Linden kan alleen presteer as ons as span gelukkig is. 'n Gelukkige leerder
is 'n goed aangepaste en produktiewe leerder in die skoolgemeenskap.
Mag elke Linden-opvoeder, -ouer en Lindeniet daarna streef om 'n energieke
bydrae te maak om Hoërskool Linden se naam as die beste Afrikaanse
hoërskool in die wêreld uit te dra.
Met hierdie webblad wil ons graag ons skool bekendstel en met die Lindeniete
se baie prestasies spog. Beleef en geniet die unieke Linden-gees.
Linden-groete
STEPHEN ROODMAN
WAARNEMENDE HOOF

Stephen Roodman.
Ons Visie
Ons streef daarna om jongmense met karakter te ontwikkel wat waarde tot die samelewing toevoeg.
Missie
Ons kweek karakter deur verantwoordbaarheid, opregte bemoeienis, respek, integriteit,
uitnemendheid, lojaliteit en eenheid voor te leef.
Ons kweek jongmense wat waarde tot die samelewing toevoeg deur onderrig wat:
- uitnodigend
- funksioneel toepaslik
- en uitnemend is.
Filosofie
As omgewing-sensitiewe opvoedkundige instelling sal Hoërskool Linden 'n konstruktiewe en leidende rol in die plaaslike, Suid-Afrikaanse en internasionale samelewing speel.
Die beginsels van 'n demokratiese, nie-diskriminerende en oop samelewing, akademiese en godsdiensvryheid word onderskryf.
Waardes:
Respek
Ons behandel mekaar menswaardig en soos onsself behandel wil word.
Integriteit
Ons leef wie ons werklik is en is eerlik met mekaar.
Uitnemendheid
Ons wil ons eie beste, sukses bereik.
Lojaliteit
Ons ondersteun mekaar in goeie en slegte tye.
Ons dien 'n skool en gemeenskap groter as onsself.
Belangrike datums om te onthou …
27 Mei 2013: "BALLADE VAN 'N BANGGAT"
Die opvolg van "Annale van 'n Windgat" met Tobie Cronjé
Plek: Cor Dirkssaal (skoolsaal), Hoërskool Linden
Tyd: 19:00 - 20:30
Koste: R100 per kaartjie
Skakel Alicia by die skoolkantoor vir telefoniese besprekings by 011 888 1433.
Musiekblyspel - optredes geskied gedurende die week van 13 tot 17 Augustus 2013.