Busvervoer

algemeen-busvervoer-hoerskool-linden

 

Hoërskool Linden bied bepaalde busroetes na en van die skool.  Die koste verbonde aan hierdie diens word jaarliks bepaal. Busgeld is vooruitbetaalbaar, voor en op die 7de van die maand. Wanneer ‘n leerder op enige gegewe dag nie van die busdiens gebruik sou maak nie, sal die gelde vir die betrokke dag nie terugbetaal word nie. Die leerder sal maandeliks ’n buskaartjie ontvang wat daagliks aan die busbestuurder getoon moet word.
Rig alle navrae in verband met busvervoer aan:  alicia.taljaard@linden.co.za

Oggendroetes:

Roete 1 – Laerskool Fairland
Leerders word 06:30 by Laerskool Fairland opgelaai
Die bus arriveer om 07:10 by die skool

Roete 2 – Bryanston Parallel
Leerders word 06:30 by Bryanston Parallel Medium opgelaai
Die bus arriveer om 07:15 by die skool

Roete 3 – Florida
Leerders word opgelaai by die volgende oplaaipunte:
06:00 – Caltex (h.v. Ontdekkers- & Ruhamaweg, Helderkruin)
06:15 – Florida Junction (Ontdekkersweg, Horison)
06:30 – McDonald’s  (op die hoek van Ontdekkers & Beaconweg)
06:45 – Gani’s (Molly weg, Newlands)
Die bus arriveer ongeveer 07:20 by die skool

Roete 4 – Strubensvallei
Leerders word opgelaai by die volgende oplaaipunte:
06:00 – BP (Fredenharrystraat, Strubensvallei)
06:20 – BP (John Vorsterlaan, Radiokop)
Die bus arriveer ongeveer 07:20 by die skool

Middagroetes:

Die middagroetes vertrek om 16:00 vanaf Hoërskool Linden op Maandae–Donderdae en om 14:00 op Vrydae